duimnael|links|Padbordjie in Botswana. duimnael|links|Popavalle in 2018 Die Okavangorivier is een van die min riviere wat nie in die see uitmond nie. Dit ontspring in die hooglande van Angola, plaaslik bekend as die Kubangorivier, voor die Cuitorivier daarby aansluit. Dit vloei dan suidooswaarts voor dit eindelik die Okavangodelta in Botswana binnevloei. Dit vloei ook vir etlike kilometers op die grens tussen Angola en Namibië, en vorm die wesgrens van die Kaprivistrook. Aanliggend aan die Kaprivistrook is 'n stroomversnelling, die sogenaamde Popavalle, benewens die Mahango-wildtuin, gewilde toeriste-aantreklikhede.
Vislewe Van die visse wat hier voorkom sluit in: Balk-juweelvis Bruinkol-kurper Fyntand-skreeubaber Kolvin-stekelpaling Riviersardyn Snawelvis
Kategorie:Riviere in Angola Kategorie:Riviere in Botswana Kategorie:Riviere in Namibië