Johan van der Merwe (1950 - 2012) was 'n Afrikaanse akteur. Hy het die rol van Jan in Nommer asseblief, een van die eerste Afrikaanse TV-reekse, vertolk. Hy het ook in rolprente soos Lipstiek Dipstiek en Hoofmeisie opgetree en was die stem van die verkleurmannetjie in Nuustak. Akteur (62) sterf weens hart, Beeld, 1 Augustus 2012 Van der Merwe het ook die rol van Gert Lubbe in Radio Sonder Grense se Stralerjakkers vertolk.

Van der Merwe is op die ouderdom van 62 oorlede. Hy is 'n maand vantevore in die hospitaal opgeneem na 'n hartaanval wat erge skade aan sy hartspier aangerig het. Hy laat 'n seun, 'n dogter, twee kleinkinders asook 'n lewensmaat agter.

Filmografie Rienie, 1980 Nommer asseblief, 1981 Lipstiek Dipstiek, 1994 Catch a Fire, 2006 as die polisieman van die sekuriteitsdiens Jozi-H, 2006-2007 (TV-reeks; mediese drama) Hoofmeisie, 2011 as Johan Gouws Parys Parys, as Oom Tjoppie die TV-komediereeks op kykNET, 2012 Verraaiers, 2013 as Neethling (postuum uitgereik)

Verwysings

Eksterne skakels Van der Merwe se Facebook-blad

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Sterftes in 2012