Fanie van der Merwe is 'n Suid-Afrikaanse rolprentkameraman, regisseur en vervaardiger. Hy was die regisseur van die Afrikaanse rolprent Rienie. Hy het ook verskeie dokumentêre programme, waaronder programme oor Madagaskar en Antarktika, vervaardig. Hy het verskeie pryse vir sy dokumentêre programme gewen.

Van der Merwe het sy opleiding aan die Brookes-Instituut van Kinematografie in Santa Barbara, Kalifornië ontvang. Daarna was hy 'n kameraman vir die Amerikaanse nuusdiens ABC in Denver, Colorado. Terug in Suid-Afrika was hy onder meer hoof van die rolprentskool van die Technikon Pretoria voordat hy sy eie maatskappy gestig het.Ecovision wen al wat prys is, Beeld, 3 Desember 1993

Filmografie Rienie, 1980

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs