Rienie is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1980 uitgereik is. Die regisseur was Fanie van der Merwe. Die hoofrolspelers was Carel Trichardt, Johan van der Merwe en Ida Wessels.

Genre Die rolprent is 'n hartseer drama met 'n gelukkige einde. Dit het geen ouderdomsperk nie.

Hoofrolspelers Carel Trichardt Johan van der Merwe Ida Wessels as Rienie Rika Sennett Siegfried Mynhardt Jan Bruyns as Dr. Henk Weyers

Storielyn

Peet en sy enigste dogter Rienie is bywoners by die ryk, maar kinderlose Karen en Riaan. Rienie geniet die lewe met Karen en Riaan en floreer op die liefde wat hulle haar gee. Maar sy mis haar pa, Peet nadat hy in 'n rehabilitasiesentrum vir sy drankverslawing opgeneem is. Na Peet se herstel keer hy na Karen terug en probeer om sy dogter teen die aankoopprys terug te koop. Karen weier egter. Hoewel onbedoeld, beïnvloed Rienie se gedrag al die mense rondom haar en sorg so vir 'n gelukkige einde.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente