Lipstiek Dipstiek is 'n Afrikaanse rolprent wat op 25 November 1994 uitgereik is. Die rolprent is met 'n begroting van ongeveer R1 500 000 in Johannesburg geskiet en het R6 180 917 by die loket verdien. Willie Esterhuizen het die regie en skryfwerk behartig.

Genre Die rolprent is 'n komedie.

Hoofkarakters Francois Coertze as Poenie Julie Hartley Lizz Meiring as Martie Jozua van der Lugt as Charl Johan van der Merwe Marga van Rooy Julie Strydom Sally Campher Sue Pam-Grant

Storielyn Die rolprent gaan oor die wedervaringe van Poenie nadat hy 'n ongelukkie met 'n sweistang gehad het. Hy beland in die hospitaal en sy troue moet uitgestel word. Intussen word hy skuldig bevind aan misdade wat hy nie gepleeg het nie. Hy beland kaal in sy sielkundige se woonstel en word amper deur haar verloofde, wat ook die prokureur is wat hom telkens aangekla het, doodgeskiet.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente