Matthew Brittain (5 Mei 1987- ) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse Olimpiese roeier. Hy het sy debuut gemaak tydens die roei-wêreldkampioenskap van 2007 met 'n 21ste plek in die ligte-vier-sonder-stuurman. In 2012 wen hy en sy spanmaats 'n goue medalje tydens die Olimpiese Somerspele in dieselfde item. Dit was Suid-Afrika se eerste Olimpiese goue medalje vir roei.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Brittain het vir Tukkies geroei terwyl hy destyds vir 'n honneursgraad in ekonomie studeer het. Hy het aan 'n juniorwêreldregatta, vier o/23 wêreldbyeenkomste en drie seniorwêreldbyeenkomste deelgeneem.Goud! Goud! Goud!, Beeld, 3 Augustus 2012

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers Kategorie:Suid-Afrikaanse roeiers