Die gewone drolpeer (Dombeya rotundifolia) is 'n boom wat noord van die Vaalrivier en in KwaZulu-Natal voorkom. Die boom staan ook bekend as die blompeer. Die boom se FSA-nommer is 471.
Beskrywing Die blare is amper rond, redelik grof, donkergroen aan die bokant en liggroen aan die onderkant. Dit is gewoonlik een van die eerste bome wat in die lente blom; die bloeisels is gewoonlik wit maar kan ook ligpienk wees. Die blomme verwelk gou maar die kroonblare val nie af nie. Hulle bly aan die boom en word later vlerke aan die ryp vrugte.
Verspreiding Die boom is inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. van Wyk, B. and van Wyk, P. 2013. Field Guide to trees of Southern Africa Second Edition. Struik, Cape Town REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe