Kim Young-sam (Hangul: 김영삼; hanja: 金泳三; Koreaans: [kim jʌŋsʰam]; 20 Desember 1927 – 22 November 2015) was 'n Suid-Koreaanse politikus en die sewende president van Suid-Korea (1993–1998).
Biografie Kim Young-sam was vanaf 1961 vir dertig jaar lank (saam met die latere Nobelpryswenner Kim Dae-jung) die opposisieleier. Hy was een van Park Chung-hee en Chun Doo-hwan se grootste teenstaanders. Tussen 1993 en 1998 was hy die president van sy land.
Hy was die eerste nie-militêre presedent sedert Syngman Rhee. Tydens sy presidentskap loods Young-sam 'n teen-korrupsieveldtog waartydens sy twee voorgangers gearresteer is.
Kim Young-sam is op 22 November 2015 op 87-jarige ouderdom oorlede.Former President Kim Young-sam dies at age 87, The Korea Herald, 22 November 2015.
Verwysings
Eksterne skakels
Kim Youngsam Gedenkmuseum Kim Young-sam Democratic center Kim Young-Sam, Hunjunghwe
Kategorie:Presidente van Suid-Korea Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2015