Lee Myung-bak (Koreaans: 이명박; gebore op 19 Desember 1941) is 'n Suid-Koreaanse politikus en sakeman. Hy het vanaf 2002 tot 2006 as burgemeester van Seoel en tussen 2008 en 2013 as die tiende president van Suid-Korea gedien. Hy is op 19 Desember 2007 as die president van die land verkies en is op 25 Februarie 2008 ingesweer. Hy is in 2013 opgevolg deur Park Geun-hye van dieselfde party.

Lee was 'n lid van die konserwatiewe Saenuri-party. Op 5 Oktober 2018 is Lee Myung-bak aan korrupsie skuldig bevind en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Presidente van Suid-Korea Kategorie:Koreaanse burgemeesters Kategorie:Kriminele Kategorie:Seoel Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Lewende mense