Die duikerbessie (Sclerocroton integerrimus) is 'n bladwisselende struik of 'n boom wat deel van die Euphorbiaceae familie is. Die spesie is inheems aan die Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Mosambiek, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Oos-Kaap voor.
Die manlike en vroulike blomme word op dieselfde aar gedra. Die vrugte bestaan uit 'n drielobbige, houtagtige kapsule, ongeveer 1,5 cm in deursnee. Elke lob het twee horings en die vrug word oranje wanneer dit ryp word. In Engels staan die boom bekend as die Duiker-berry tallow-tree. Die boom se FSA-nommer is 343.
Sinonieme Excoecaria hochstetteriana Müll.Arg Excoecaria integerrima (Hochst.) Müll.Arg. Excoecaria reticulata (Hochst.) Müll.Arg. Sapium armatum Pax & K.Hoffm. Sapium integerrimum (Hochst.) J.Léonard Sapium reticulatum (Hochst.) Pax Stillingia integerrima (Hochst.) Baill. Sclerocroton reticulatus Hochst. Tragia integerrima Hochst. Tragia natalensis Hochst.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.
integerrimum Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe