Die boskoorsbessie (Croton sylvaticus) is 'n redelike groot boom wat voorkom aan die kus van KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Die spesie is ook inheems in Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Gaboen, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Die bas is glad wanneer die boom jonk is en word mettertyd grof en vol patrone. Die blom-aar bestaan meestal uit manlike blomme met een of twee vroulik blomme naby die basis. Die vrugte is drielobbig en sowat 1 cm in deursnee. In Engels staan die boom bekend as die Forest croton.
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Croton Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Gaboen Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Liberië Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe