Die Koffiebeesklou of Kalaharibauhinia (Bauhinia petersiana) is 'n boom wat wydverspreid in die noordwestelike dele van Suid-Afrika voorkom. Die spesie is inheems in die Caprivistrook in Namibië, Demokratiese Republiek die Kongo, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

In Engels staan die boom bekend as die Kalahari Bauhinia.

Beskrywing Alhoewel die boom spreiende bosse vorm word hulle ook dikwels klein boompies. Die gekreukelde kroonblare is 8 x 1 cm groot. Die peule is 15 x 5 cm en kronkel wanneer dit oopbars met 'n ontploffing. Thomas Bain het in sy dagboek genaamd Goldfield Diaries beskryf hoe hulle dié boom se sade gebruik het as 'n plaasvervanger vir koffie.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online REDLIST Sanbi

Kategorie:Bauhinia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe