Victoria 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Provinsie 20px Brits-Columbië Koördinate  Inkorporasie 1862 Oppervlakte:    - Totaal 19,47 vk km  Hoogte bo seevlak 23 m Bevolking:    - Totaal (2021) 91 867  - Bevolkingsdigtheid 4 722,3/vk km  - Metropolitaanse gebied 397 237 Tydsone UTC -8 (Pasifiese Standaardtyd) Burgemeester Marianne Alto Amptelike webwerf www.victoria.ca

Victoria is 'n stad in die weste van Kanada. Dit is die hoofstad van die provinsie Brits-Columbië. Die stad lê in die uiterste suidooste van die Vancouver-eiland. Met 'n veerboot kan mens in 90 minute van hier na Vancouver op die vasteland vaar; die Amerikaanse stad Seattle is ewe ver. Die stad is vernoem ná die Britse koningin Victoria, wat vanaf 1867 tot 1901 ook die koningin van Kanada was.

Geskiedenis duimnael|links|Kaart van Vancouver-eiland se suide Vancouver-eiland het in 1849 'n Britse kroonkolonie geword. Victoria word daarna aangewys as die hoofstad van Brits-Columbië.

Die 15de Statebondspele is van 18 tot 28 Augustus 1994 in Victoria aangebied.

Demografie In 2011 het Victoria 80 032 inwoners en die agglomerasie ongeveer 344 000 inwoners gehad. Volgens die aantal inwoners is Victoria heelwat kleiner as Vancouver wat ook in Brits-Columbië geleë is.

Die Victoria-area is in 13 streke verdeel. Vier hiervan is deel van Groter Victoria: Victoria Saanich Esquimalt Oak-baai

Drie streke vorm die Saanich-skiereiland: Sidney Sentraal-Saanich Noord-Saanich

Die res is deel van die Westelike Gemeenskappe (Western Communities): Colwood Langford View Royal Metchosin Sooke Highlands

Susterstede Victoria het vyf susterstede, naamlik:

Chabarofsk, Rusland Napier, Nieu-Seeland Morioka, Japan Suzhou, Volksrepubliek China Anacortes, Verenigde State

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Hoofstede in Kanada Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Brits-Columbië