Die artikel is oor die Buffelsrivier in die Oos-Kaap, vir ander gelyknamige riviere, sien Buffelsrivier.

duimnael|300px|links|Oos-Londen se hawe in die Buffelsrivier in die 1870's, uit die Kaapkolonie se argiewe. Die Buffelsrivier of Cwenqgcwe loop deur King William’s Town (tans "Qonce") en Oos-Londen aan die ooskus van Suid-Afrika. Die rivier is wes van die Nahoonrivier. Sy monding vorm die enigste bevaarbare rivierhawe in Suid-Afrika. Die Rooikrantzdam is naby Qonce.

Die sytakke van die Buffelsrivier is: die Mgqakwebe-, Ngqokweni- en Yellowwoodsriviere. Die Yellowwoods het 'n paar watervalle, waarvan die grootste die Yellowwoods-valle naby Breidbach is.

Die bedreigde grens-ghieliemientjie (Barbus trevelyani) kom in die waters van die Buffelsrivier voor. Daar is ook 'n klein hoeveelheid van die bedreigde Oos-Kaapse kurper (Sandelia bainsii) in die Yellowwoodsrivier, wat deel van die Buffelsrivier se opvanggebied uitmaak.

Verwysings

Kategorie:Oos-Londen Kategorie:Riviere in Oos-Kaap