Breidbach is 'n dorp in die Oos-Kaap in Suid-Afrika en is ingesluit in die Buffalo City Metro.
Breidbach is oorspronklik in 1857 gestig as 'n nedersetting vir lede van die Duitse Legioen. Vandag bestaan die inwoners hoofsaaklik uit Kleurlinge en Xhosas. Die gebied spog met 'n ryk kultuur van sport-entoesiaste (hoofsaaklik krieket, rugby en sokker) en kerkgangers.
Breidbach het twee skole, 'n primêre skool en sekondêre skool, beide is dubbelmedium (tweetalig). Die toerisme-aantreklikhede is: die nagklubs, sportveld, kliniek, biblioteek, gemeenskapsentrum, slaghuis en kerke.
Die Yellowwoods-waterval in die Yellowwoods-rivier, 'n sytak van die Buffelsrivier, is naby die dorp geleë.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap