Anabantidae is 'n visfamilie van die orde Perciformes. Die familie staan ook as die labirinte bekend omrede hulle ekstra asemhalingsorgane het (die labirint), wat die visse in staat stel om in moerasse en strome te leef wat lae suurstofvlakke het. Die sylyn bestaan uit twee gedeeltes. Die familie bevat vier genera; drie kom voor in Suider-Afrika en die ander in Asië.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies is deel van die familie: Ctenopoma Ctenopoma multispine - Stekelrige kurper

Microctenopoma Microctenopoma intermedium - Swartkol-kurper

Sandelia Sandelia bainsii - Oos-Kaapse kurper Sandelia capensis - Kaapse kurper

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse