duimnael|250px|Die relatiewe grootte van die Pluto-stelsel.
Pluto het vyf bekende natuurlike satelliete. Die grootste, Charon, is die grootste satelliet sover bekend in verhouding tot ’n voorwerp met planetêre massa waarom dit wentel. Pluto en Charon het ook permanent dieselfde kante na mekaar gedraai. Die ander mane, Nix, Hidra, Kerberos en Styx is baie kleiner. Laasgenoemde is die jongste Pluto-maan wat ontdek is, soos aangekondig op 11 Julie 2012.IAUC 9253
Eienskappe Die Pluto-stelsel is baie kompak. Pluto en Charon is al ’n dubbelplaneet genoem omdat Charon so groot is in verhouding tot Pluto (die helfte van sy deursnee en ’n agtste van sy massa). Charon is so groot dat Pluto om die stelsel se massamiddelpunt by ’n punt buite sy oppervlak draai.
Die mane Nix en Hidra is feitlik identies, hoewel laasgenoemde om die een of ander rede effens helderder is.
Vorming duimnael|250px|Pluto wentel om ’n punt buite sy oppervlak. Sy wentelbaan word in rooi aangegee en Charon s’n in groen. Die Pluto-stelsel het vermoedelik ontstaan uit ’n groot botsing, nes dié wat vermoedelik die Aarde se maan geskep het. Die feitlik sirkelvormige wentelbane van die kleiner mane dui moontlik daarop dat hulle ook in dié botsing ontstaan het, eerder as dat hulle van buite aangetrek is. Daar kan nog soortgelyke mane om Pluto wees wat in die botsing ontstaan het, asook ander onontdekte voorwerpe wat van die Kuiper-gordel aangetrek is.
Pluto se mane Die mane word hier aangedui volgens hul wentelperiode, van die kortste tot die langste. Charon, wat groot genoeg is dat sy oppervlak kon ineengestort het, word op ’n blou agtergrond aangedui.
Nota: Data van Buie & Grundy; a, i, e bygewerk vanaf JPL.Romeinse nommer Naam IFA- uitspraak Foto Deursnee (km) Massa (×1021 kg) Half-as (km) Wentelperiode (dae) Ontdek in I Charon , 50px|senter 1 207 ± 3 1,52 ± 0,06 17 536 ± 3* 6,387230 1978 V Styx 10–25 ? 42 000 ± 2 000 20,2 ± 0,1 2012 II Nix 46–137 < 0,002 48 708 24,856 ± 0,001 2005 IV Kerberos 13–34 ? ≈ 59 000 32.1 2011 III Hidra 61–167 < 0,002 64 749 38,206 ± 0,001 2005
Verwysings
Eksterne skakels Animation of the Plutonian system Hubble Spots Possible New Moons Around Pluto (Nasa)
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia