Alexander Dale Oen (21 Mei 1985 - 30 April 2012) was 'n Noorweegse swemmer. Hy verteenwoordig eers die klub Vestkantsvømmerne (1995-2010) en daarna vir Bærumsvømmerne (2011-2012). Sy goue medalje tydens die 2008 Europese Kampioenskappe maak hom die eerste Noorweër om 'n goue medalje vir sy land tydens 'n internasionale langbaan kampioenskap te wen.

Hy is op 30 April 2012 na 'n hartaanval bewusteloos in sy hotelkamer gevind. Hy het aan 'n kroniese hartsiekte gely wat ongewoon is vir 'n persoon van sy ouderdom en fiksheid. Hy is kort daarna, op die kruin van sy loopbaan oorlede.

Verwysings

Kategorie:Noorse sportlui Kategorie:Swemmers Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Sterftes in 2012