Die Bosvaderlandswilg (Combretum kraussii) is 'n middelgroot tot groot boom van oostelike Suid-Afrika, Eswatini en suidelike Mosambiek, wat binne of in die omgewing van woude aangetref word. Die spesienaam roep Dr. F. Krauss in herinnering wat van 1838 tot 1840 'n versameltoer na Suid-Afrika onderneem het.

Die plant se FSA-nommer is 540. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die boom bekend as forest bushwillow.

Kenmerke Die bome is half-bladwisselend, aangesien lenteblare die ou loof net deels vervang. Hierdie woudbome word in die laatlente opvallend, wanneer hul vars blare verkleur na 'n bleek, byna wit kleur, voor dit teen midsomer na groen terugverkleur. In die winter word die lower deels rooi of pers, wat net voor die blomtyd gewissel word. Die vars trosse viervlerkige vrugte het aanvanklik 'n kleurryke rooi tot geelrooi kleur, voor dit verdroog na midbruin.

Verwantskappe Die spesie is naverwant aan Combretum nelsonii wat in meer rotsagtige habitat voorkom, en toon 'n ooreenkoms met Combretum woodii, 'n plant met groter blare en soortgelyke verspreiding, alhoewel in bosveld.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Kategorie:Combretum Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika