duimnael|links|280px|Ernie Els tydens die VSA Ope in 2008. duimnael|regs|300px|Ernie Els tydens 'n oefenrondte in 2004.

Theodore Ernest "Ernie" Els (gebore op 17 Oktober 1969 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler. Hy is ook bekend onder sy bynaam "The Big Easy", omdat hy in vergelyking met ander gholfspelers groot gebou is en tog 'n vloeiende, oënskynlik moeitelose swaai het.

Els word aan die einde van die 20ste en begin van die 21ste eeu as een van die beste gholfspelers gereken. Hy word as die beste wedstrydspeler ter wêreld beskou en wen in 2007 reeds vir die sewende keer die Volvo Wêreldwedstrydspelerkampioenskap op Wentworth, waar hy 'n huis het.

Oor sy professionele loopbaan het hy 64 toernooie gewen, waaronder vier "majors": die Amerikaanse Ope (in 1994 en 1997) en die Britse Ope (2002 en 2012). Hy wen ook die Dunhill Kampioenskap in 2006, hoewel sy knie net vier maande vroeër ná 'n watersportongeluk geopereer is. Els - one of golf's great gentlemen

Els speel oor die hele wêreld heen, nie net in toernooie nie, maar poog ook om die sport te bevorder. Hierdeur het hy al met die USPGA (Vereniging van Amerikaanse Beroepsgholfspelers) swaarde gekruis, wat wil hê dat hy meer gereeld in die Verenigde State moet speel.

Verwysings

Eksterne skakels Ernie Els se amptelike webtuiste

Kategorie:Suid-Afrikaanse gholfspelers Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense