Die Grens-ghieliemientjie (Barbus trevelyani) is 'n vis wat voorkom in die Keiskamma- en Buffelsrivierstelsels in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Border barb.
Voorkoms Die vis is deurskynend grysbruin en silwer aan die onderkant. Daar is 'n dun swart horisontale strepie oor die lyf wat eindig in 'n driehoek by die stertvin. Die vis word tot 95 mm lank.
Habitat Die vis leef in helder poele in rotsagtige strome. Hulle vreet water- en landinsekte; ook alge en sade. Hulle broei in die lente en vroeë somer.
Bewaring Toeslikking van blyplekke en plant indringing tesame met roofvisse soos die forel het tot gevolg dat die vis ernstig bedreig word. Die vis is al geteel in gevangeskap.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Barbus-trevelyani.html
Kategorie:Beenvisse