Die artikel handel oor die Buffelsrivier in KwaZulu-Natal, vir ander riviere, sien Buffelsrivier.

Die Buffelsrivier of Mzinyathi is die grootste sytak van die Tugelarivier in Suid-Afrika. Die bron is die Majubaberg, die "berg van duiwe" in Zoeloe, wat noord van Volksrust naby die grens tussen Mpumalanga en KwaZulu-Natal geleë is. Dit vloei suidwaarts verby Newcastle, draai dan suidoos verby Rorke's Drift waarna dit by die TugelarivierThukela WMA 7 by Ngubevu (naby Nkandla) aansluit.

Gedurende die negentiende eeu was die rivier deel van die grens tussen Zoeloeland en die kolonie van Natal.

Sytakke

Batsherivier Bzangoma Bloedrivier Cold Stream Doringspruit Dorpspruit Kweekspruit Mangenirivier Mbabanerivier Mngenirivier Mbizanarivier Ndwenirivier Ngaganerivier Sandspruit Sibindirivier Slangrivier Tekurivier Wasbankspruit Womenirivier

Verwysings

Kategorie:Tugelariviersytakke