Die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys (BCVO) is ’n onderwysinstelling in Suid-Afrika wat primêre en sekondêre onderwys (graad 1 tot 12) in Afrikaans en die Calvinistiese tradisie bied. Daar is tans 40 geaffilieerde skole in Suid-Afrika — hoofsaaklik in die Vrystaat en voormalige Transvaal — met ongeveer 2100 kinders wat by die verskeie skole hul opvoeding ontvang.

Die aanbieding voldoen aan die staatskurrikulumvereistes, maar gebruik tot 'n groot mate eie leermateriaal wat poog om christelike en volkseie (Afrikanergerigte) uitgangspunte te handhaaf. Anders as by openbare skole in Suid-Afrika, volg die BCVO skole nie 'n behaviouristiese benadering tot opvoedkunde waar leerlinge as tabula rasa beskou word wat deur die leerproses betekenis aan die werklikheid gee nie, maar is die uitgangspunt eerder dat sowel die identiteit en karakter van die leerlinge asook die werklikhede wat in elke vakgebied bestudeer word, beide Godgegewe is. Die kurrikulum fokus vervolgens daarop om kinders op te voed om die verband van elke Godgegewe werklikheid in elke vakgebied tot Christus as Oorsprong en Doel van alles in die heelal te sien, aangesien feite alleenlik betekenis het in die konteks van hul verband tot Christus as Logos. Waar publieke skole dus die herskepping van die samelewing volgens humanistiese grondbeginsels beoog, beoog die BCVO om leerlinge toe te rus om die heerskappy van Christus op elke terrein van die lewe te laat geld.

Die Independent Examination Board (IEB) se Afrikaanstalige matriekeksamen (die hoogste skooleksamen in Suid-Afrika staan as "matriek" bekend) word gebruik sodat CVO-leerlinge dieselfde Umalusi-sertifikaat as staatskoolleerlinge ontvang, maar met 'n bykomende sertifisering dat dit op die IEB-standaard afgelê is. Die BCVO dien as skakelliggaam waardeur CVO-skole saam sport- en kulturele geleenthede aanbied om die akademiese aanbieding aan te vul. Van die CVO-skole is al meer as twee dekades in bedryf, en 'n tweede geslag kinders van oud-CVO-skoolleerlinge begin in CVO-skole inkom.

CVO-skole is ouerskole wat in nie-winsgedrewe verenigings of maatskappystrukture bedryf word. Die skole word gekenmerk deur 'n noodsaak vir entoesiastiese ouers wat besture vorm en dikwels hard werk om skole op te bou en 'n bereidheid om kinders te laat skoolgaan met minder fasiliteite as staatskole, maar meer beheer en inspraak van ouers in leermateriaal en die ingesteldheid van die skool. Die skole het meestal kleiner klasse as staatskole en beter gekapitaliseerde privaatskole wat die voordelige geleentheid gee vir meer individueel-gerigte onderwys.

Skole onder die BCVO

SKOOLDorp/StadKOSHUISAantal LeerdersBosveld Akademie vir CVOThabazimbiNeeBrakpan BrakpanNee BrandwagBuite KrugersdorpNee CarolinaCarolinaNee CVO KleinfonteinKleinfonteinNee CVO Pretoria-NoordNee CVO DankbaarBainsvlei, BloemfonteinJa DerbyDerbyNee EendragJan KempdorpNee ErmeloErmeloNee FraserburgFraserburgNee GromarGroblersdalJa Hananja Akademie vir CVOGamtoos, JeffreysbaaiNee Hardekool Akademie vir CVOEllisrasNee Hoëveldrif Nee CVO KalahariJa CVO LevubuNee LichtenburgLichtenburgJa LydenburgLydenburgNee CVO MarmerNee Marné Eberson Akademie vir CVONee CVO MiddelburgMiddelburgNee MootWaverley, PretoriaNee OmegaNee OraniaOraniaJa Potchefstroom CVOPotchefstroomNee PotgietersrusPotgietersrusJa PretoriaShere,PretoriaNee Privaatskool AmajubaNee Standerton AkademieStandertonNee Ventersdorp VentersdorpNee VivoVivoJa Vryburg CVO-SkoolVryburgJa WaterbergNee WatervalNee Wolkberg Akademie vir CVONee ZoutpansbergLouis TrichardtNee

Eksterne skakels Tuisblad

Verwysings

Kategorie:Onderwys in Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse organisasies