Jacques Freitag (*11 Junie 1982, Warrenton † Junie 2024, Pretoria) was ’n Suid-Afrikaanse hoogspringer. Hy is een van slegs tien atlete (saam met onder andere Valerie Adams, Usain Bolt, Veronica Campbell-Brown, Yelena Isinbayeva, Jana Pittmann en Dani Samuels) wat die wêreldkampioenskap in ’n item op jeug-, junior- en seniorvlak kon wen. Sy persoonlike beste hoogte was 2,38 meter.

Freitag, wat in Bronkhorstspruit grootgeword het, se ma, Helena Pieters, was in 1973 ook die Suid-Afrikaanse hoogspringkampioen met ’n persoonlike beste van 1,74 meter. Freitag het sy skoling aan die Laerskool Du Preez Van Wyk, Afrikaanse Hoër Seunskool en die Universiteit van Pretoria ontvang.

Freitag het na sy atletiekloopbaan met dwelm- en drankmisbruik gesukkel. Nadat hy in Booysens afgelaai is en etlike weke vermis was, is sy liggaam op 1 Julie 2024 in die weste van Pretoria gevind. Hy is geskiet. Die Suid-Afrikaanse polisie het ‘n moordondersoek geopen.

Verwysings

Eksterne skakels

Olympedia.org-profiel vir Jacques Freitag

Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Sterftes in 2024 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria