Die Sekstant (Latyn: Sextans) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is in 1687 deur die sterrekundige Johannes Hevelius voorgestel en is genoem na die meetinstrument sekstant, wat hy dikwels in sy waarnemings gebruik het.

Ruimtevoorwerpe Die Sekstant dek ’n taamlik yl, dowwe deel van die hemelruim. Dit het net een ster met ’n helderheid van groter as 5 mag, Alpha Sextantis (4,49 mag). Daar is ’n paar dubbelsterre soos Gamma, 35 en 40 Sextantis, asook ’n paar veranderlike sterre soos Beta, 25 en 23 Sextantis.

Die Sekstant bevat net een noemenswaardige sterrestelsel, NGC 3115. Die maan en van die planete beweeg soms vir kort ’n ruk daardeur.

Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, London. . Princeton University Press, Princeton. .

Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Sextans Clickable Sextans Star Tales – Sextans