Ian Rankin (28 April 1960 -) is 'n Skotse skrywer wat veral met misdaadfiksie, waaronder sy reeks rondom polisie-inspekteur Rebus, internasionale bekendheid verwerf het. Rankin het hom daarnaas as literêre kritikus bekwaam.

Vroeë lewe Rankin is op 28 April 1960 in Cardenden, Fyfe gebore en het die Beath-hoërskool in Cowdenbeath bygewoon. Nadat hy 'n akademiese graad aan die Universiteit van Edinburg behaal het, het Rankin vier jaar lank in Tottenham, Londen gebly en daarna ses jaar lank op die Franse platteland gewoon.Ian Rankin: Tooth & Nail. Londen: Orion 1998, bl. vii In hierdie periode het hy sy loopbaan as skrywer begin. Hy is as dosent vir letterkunde aan die Universiteit van Edinburg aangestel en is danksy sy betrokkenheid by die James Tait Black Memorial Prize steeds aan dié universiteit verbonde.

Voordat hy sy literêre loopban as voltydse skrywer begin het, was Rankin as druiweplukker, varkwagter, belastingbeampte, dranknavorser, hoëtrou-joernalis, sekretaris by 'n kollege en punk-musikus werksaam.January Magazine, April 2005: Profile: Ian Rankin

Literêre loopbaan Rankin was oorspronklik nie van voorneme om hom op misdaadfiksie toe te spits nie en het sy eerste twee romans, Knots and Crosses en Hide and Seek, eerder as hoofstroomboeke beskou wat in die tradisie van Skotse skrywers soos Robert Louis Stevenson en selfs Muriel Spark (die onderwerp van Rankin se onvoltooide doktorale tesis vir die graad Ph.D.) gestaan het.

Ramkin se Inspector Rebus-romans speel hoofsaaklik in Edinburg af en word as belangrike bydraes tot die genre van Tartan Noir-literatuur beskou. Tien van die romans is as televisiereeks verfilm en deur die Britse ITV-netwerk uitgesaai. Die akteur John Hannah het die hoofrol van Rebus in reeks 1 & 2 vertolk, terwyl Ken Stott die rol in die reekse 3 tot 5 oorgeneem het.

Privaat lewe Ian Rankin woon tans met sy vrou Miranda in Edinburg. Uit die huwelik is twee seuns gebore, Jack en Kit.

Bibliografie Tot op datum het Ian Rankin 25 romans, twee bundels met kortverhale, een Original Graphic-roman en een nie-fiksie-boek geskryf, naas 'n inskrywing in Quick Reads in 2009:

Jaar Roman Notas 1986 The Flood 1987 Knots and Crosses 1ste Inspector Rebus-roman 1988 Watchman 1990 Westwind 1991 Hide and Seek 2de Inspector Rebus-roman 1992 Tooth and Nail 3de Inspector Rebus-roman Strip Jack 4de Inspector Rebus-roman A Good Hanging and Other Stories Kortverhale 1993 Witch Hunt Geskryf onder die skuilnaam Jack Harvey The Black Book 5de Inspector Rebus-roman 1994 Bleeding Hearts Onder die skuilnaam Jack Harvey Mortal Causes 6de Inspector Rebus-roman 1995 Blood Hunt Onder die skuilnaam Jack Harvey Let it Bleed 7de Inspector Rebus-roman 1997 Black and Blue 8ste Inspector Rebus-roman bekroon met die Gold Dagger vir fiksie 1998 The Hanging Garden 9de Inspector Rebus-roman 1999 Dead Souls 10de Inspector Rebus-roman 2000 Set in Darkness 11de Inspector Rebus-roman 2001 The Falls 12de Inspector Rebus-roman 2002 Resurrection Men 13de Inspector Rebus-roman bekroon met die Edgar Award Beggars Banquet Kortverhale 2003 A Question of Blood 14de Inspector Rebus-roman 2004 Fleshmarket Close 15de Inspector Rebus-roman 2005 Rebus's Scotland: A Personal Journey Nie-fiksiebekroon met die CWA se Cartier Diamond Dagger 2006 The Naming of the Dead 16de Inspector Rebus-roman 2007 Exit Music 17de Inspector Rebus-roman bekroon met die ITV3 Crime Thriller Award 2008 Doors Open 2009 A Cool Head Quick Reads 2009 The Complaints 1ste Malcolm Fox-roman Dark Entries Vertigo Crime met John Constantine 2011 The Impossible Dead 2de Malcolm Fox-roman 2012 Standing in Another Man's Grave 18de Inspector Rebus- & 3de Malcolm Fox-roman

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Skotse skrywers Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense