Angus Buchan was oorspronklik 'n Zambiese mielie- en beesboer van Skotse herkoms. Nadat hy in 1978 gedwing is om alles, sy plaas inkluis, weens politieke onrus in die land te verkoop, verhuis hy na Greytown, KwaZulu-Natal in Suid-Afrika.

In 1980 stig hy die Shalom Ministries om vir sy plaaslike gemeenskap te preek. Met verloop van tyd word hy 'n voltydse evangelis, terwyl sy plaas deur albei sy seuns bestuur word. Die Shalom Ministries bedryf die Bet-Hatlaim-weeshuis met ongeveer 25 kinders, en die Halalisani-plaasskool met ongeveer 200 leerlinge.

In 1998 skryf Angus 'n boek oor sy lewe, getiteld "Faith Like Potatoes". Die boek is verfilm en onder dieselfde titel in 2006 uitgereik. duimnael|links|Saamtrek van die 2010 Mighty Men-konferensie. Hy was (saam met die Shalom-trust) die organiseerder van die Mighty Men-konferensies. Die konferensie begin aanvanklik met 40 mense en groei eksponensieel tot daar meer as 200 000 mans in 2009 opdaag. Die sewende konferensie in 2010 het meer as 400 000 mans gelok.

Buchan bied tans 'n 30 minute godsdienstige program met die naam Grassroots op e-tv aan. Die program word soggens om 8:00vm uitgesaai en word hoofsaaklik op sy plaas opgeneem.

Verdere naleeswerk Die Mighty Men-verhaal deur Angus Buchan; Faith Like Potatoes: The Story of a Farmer Who Risked Everything for God;

Sien ook Faith Like Potatoes, film oor sy lewe.

Verwysings

Kategorie:Predikante Kategorie:Zambiërs Kategorie:Christendom in Zambië Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Zambiese skrywers