Die kusvaalbos (Brachylaena discolor) is 'n klein boompie wat voorkom in die kusbosse vanaf die noorde van die Oos-Kaap, deur KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga tot by die Mosambiekse grens. Die spesie is inheems in Botswana, Eswatini, Mosambiek, Suid-Afrika en Zimbabwe.

Die boom word gebruik in die stabilisering van duine. Die soortnaam discolor beteken tweekleurig en verwys daarna dat die blare bo donkergroen en onder silwerwit is.

Subspesies Die boom het vier subspesies: Brachylaena discolor var. discolor Brachylaena discolor var. mossambicensis Paiva Brachylaena discolor var. rotundata (S.Moore) Beentje Brachylaena discolor var. transvaalensis (Hutch. ex E.Phillips & Schweick.) Beentje

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi

discolor Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe