Die gifolyf (Peddiea africana) is 'n klein boom wat skadu's verkies om in te groei. Die spesies is inheems in Angola, Eswatini, Mosambiek, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom voor vanaf Limpopo tot by die kus en al langs die kus tot suid van Oos-Londen.
'n Kenmerk van die boom is dat die blomme groen is en om te vergoed vir die gebrek aan die gebrek aan kleur is die blomme welriekend om insekte te lok. Die meeste dele van die plant is giftig. Voëls vreet egter die vrugte.
Infraspesies Die spesie het twee infraspesies: Peddiea africana var. africana Peddiea africana var. schliebenii Domke
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.
africana Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe