Die basboom of kannabas (Dais cotinifolia) is 'n klein boompie wat voorkom van Limpopo, suidwaarts deur Mpumalanga en KwaZulu-Natal tot by Oos-Londen. Die spesie is ook inheems in Eswatini, Lesotho, Malawi, Tanzanië en Zimbabwe. Die boompie groei veral in woude en bosse. Die buisvormige blomme is pienk tot ligpers en word gedra in digte ronde hofies. Aan die basis van die blom is vier groot, skildvormige skubbe wat later houtagtig word en tot die volgende blomseisoen aan die boom bly. Die blare is deursigtig wanneer dit teen die lig gehou word. Die bome word dikwels vernietig of beskadig om die bas te verkry - waarvan toue gemaak word.

Die boom se FSA-nommer is 521.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. van Rensburg, Theuns: Kannabas - Boom van die Jaar 1992. In: Conserva. Tydskrif van die Departement van Omgewingsake. Maart/ April 1992, deel 7, nr. 2. ISSN 0258-3313

Kategorie:Bome van Afrika cotinifolia Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe