Die Oond (Latyn: Fornax) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is in 1756 deur die sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille voorgestel. Hy het dit oorspronklik Fornax Chemica ("chemiese oond") genoem, maar dit is later verkort.

Ruimtevoorwerpe Die Oond bevat die verste deel van die heelal wat nog gefotografeer is, die Hubble- Ultradiep Veld, en die Fornax-swerm, ’n klein swerm sterrestelsels, asook tientalle ultra-kompakte dwergsterrestelsels (van sowat 120 ligjare breed.Hilker M. et. al., 2007)

Die sterrestelsel UDFj-39546284 is die verste bekende ruimtevoorwerp van die Aarde af (in Januarie 2011). Dit is met behulp van die Hubble-UDV-foto opgespoor.

Verwysings

Ian Ridpath en Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. . Princeton University Press, Princeton. . Hilker M. et al.Weighing Ultracompact Dwarf Galaxies in the Fornax Cluster, Astronomical Science, The Messenger 129 – September 2007

Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Fornax Starry Night Photography – Fornax Constellation The clickable Fornax Star Tales – Fornax

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia