duimnael|regs|290px|College Road-brug oor die Msunduzi in Pietermaritzburg, Suid-Afrika.

Die Msunduziriver is 'n rivier wat in die KwaZulu-Natalse Middeland van Suid-Afrika ontspring. Dit staan ook as die Dusirivier bekend. Die Msunduzi is 'n sytak van die Umgenirivier. In Zoeloeland is daar nog twee riviere wat die naam dra, asook 'n vierde naby Lilongwe, Malawi. Die naam beteken "rivier-wat-dinge-opsyskuif" in Zoeloe.

Die Dusi-kanowedvaart vind jaarliks op die rivier tussen Pietermaritzburg en Durban plaas. Dit word as die belangrikste kompetisie vir kanowedvaarders in Suid-Afrika beskou. Die wedvaart lok jaarliks ongeveer 2000 roeiers, en ontvang nasionale dekking in die Suid-Afrikaanse media.

In 2009 is 'n groot krokodil van ongeveer 2 meter in die Dusi se waters gewaar. Twee jaar tevore het deelnemers aan die Dusi-kanowedvaart ook 'n krokodil gesien.Krokodil skuil in Dusi se waters, Nuus24, 18 November 2009

Ontspring Ongeveer 30 km wes van Pietermaritzburg, by koördinate .

Monding In Umgenirivier, by koördinate .

Verwysings

Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal