Die nagadder (Causus rhombeatus) is 'n slang wat in sub-Sahara Afrika voorkom. Die slang se gif veroorsaak aansienlik pyn, maar is nie dodelik vir die mens nie.
Met 'n gemiddelde lengte van 60 cm, is dit die grootste lid van die genus Causus. Die langste individu wat al aangeteken is, was 'n 93 cm manlike slang uit die ooste van Zimbabwe.Mallow D, Ludwig D, Nilson G. 2003. True Vipers: Natural History and Toxinology of Old World Vipers. Krieger Publishing Company, Malabar, Florida. 359 pp. .
Nagadders jag snags en vreet veral paddas en brulpaddas. Mense wat in die nag kaalvoet loop word soms gepik.Tweejarige laat hom nie onderkry deur nagadder se byt, Beeld, 7 Januarie 1998 Die slang het groot gifkliere vergeleke met ander slange van dieselfde grootte. Hoewel dit dus groot volumes gif produseer, is dit nie besonder giftig nie. Die gif veroorsaak pyn, swelling en minimale nekrose, maar die simptome verdwyn gewoonlik na 2 tot 3 dae.
duimnael|links|Nagadder wat op 'n pad doodgery is.
Sien ook Alfabetiese lys van slange Wipneusnagadder
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Adders