200px Shard London BridgeThe Shard
Verdiepings 95 (waarvan 72 as kantoor- of woonruimte dien)
Voltooiing 5 Julie 2012
Argitek Renzo Piano
Strukturele ingenieurs WSP Global
Opdraggewer Sellar-eiendomsgroep vir LBQ Ltd
Straatadres 20 Fenchurch Street London, SE1
Argitektoniese besonderheid Konstruksie van bo na benedeBetonkern en fondament het gelyktydig ontstaanGebruik van ekstra-wit glas vir fasade duimnael|links|Uitsig oor The Shard en die City of London se wolkekrabbers aan die teenoorliggende noordelike Teemsoewer duimnael|links|The Shard teen sononder. Die wolkekrabber se fasade is 'n gedurig veranderende kleurespel, afhangende van die tyd van die dag en die weerstoestande The Shard (ook bekend as Shard London Bridge, London Bridge Tower of die Shard of Glass) is 'n wolkekrabber in die Britse hoofstad Londen wat in 2012 as deel van die herontwikkeling van die London Bridge-buurt voltooi is. Die boukoste het sowat £450 miljoen beloop. Die wolkekrabber is tans in besit van die Staat Katar (95 persent) en die Sellar-eiendomsgroep (5 persent).
Die toring het 'n hoogte van 309,6 meter met 72 verdiepings. Dit is die hoogste gebou in die Verenigde Koninkryk, die vyfde hoogste gebou in Europa en die 111de hoogste gebou ter wêreld. Dit is daarnaas ook die tweede hoogste vrystaande struktuur in die Verenigde Koninkryk, ná die Emley Moor-uitsaaitoring in West Yorkshire.
The Shard vervang die Southwark Towers, 'n kantoorgebou van 24 verdiepings wat in 1976 opgerig is.
Geskiedenis The Shard is in opdrag van die Londense projekontwikkelaar Irvine Sellar in 2000-2001 deur die Italiaanse argitek Renzo Piano ontwerp, wat internasionaal bekend is vir die ontwerp van die Centre Pompidou in Parys.Bloomberg: Shard Developer Sellar to Seek Highest Office Rents Since 1980s (Chris Bourke, 20 Januarie 2010) Die bouwerk is in Maart 2009 begin. Dit is in Julie 2012 amptelik deur die eerste minister van Katar, Sjeik Hamad Bin Jassem Bin Jabor Al Thani, en die Hertog van York geopen.
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Wolkekrabbers in Londen