Die Skilder (Latyn: Pictor) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim langs die Groot Magellaanse Wolk. Hoewel sy naam Skilder is, stel dit eintlik ’n skilder se esel voor – die oorspronklike Latynse naam was Equuleus Pictoris en is later verkort. Dit is in die 17de eeu uitgedink deur die sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille.

Ruimtevoorwerpe Die Skilder het in onlangse jare aandag getrek vanweë sy tweede helderste ster, Beta Pictoris (β Pic), wat 63,4 ligjare van die Aarde af is en deur ’n ongewone, koolstofryke stofskyf omring is.

Kapteyn se Ster, ’n rooi dwergster 12,78 ligjare van hier, is die naaste bekende ster met ’n halo.

NGC 1705 is ’n onreëlmatige dwergsterrestelsel 17 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit is een van die aktiefste stervormende sterrestelsels in die nabygeleë heelal, ondanks die feit dat hy sy hoogtepunt van stervorming sowat 30 miljoen jaar gelede bereik het.

Verwysings

Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, London. . Princeton University Press, Princeton. .

Eksterne skakels Star Tales – Pictor The clickable Pictor Pictor @ Stargazing

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia