Die kouebasrooihout (Ochna arborea) – ook bekend as die Kaapse rooihout – is 'n boom wat voorkom in die Wes-Kaap, deur KwaZulu-Natal en Mpumalanga tot by Limpopo. Die spesie is ook inheems aan Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe.

Die boom groei by 'n verskeidenheid hoogtes bo seevlak in woude, bosse en langs strome. Die stam is dikwels met mos bedek en die gladde, liggrys bas skilfer in dun lagies af wat die binnebas onthul. Die binnebas voel koud indien daaraan gevat word.

Die boom se FSA-nommer is 479.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Infraspesies Die plant het ook twee variëteite: Ochna arborea var. arborea — Kaapse rooihout Ochna arborea var. oconnorii (E.Phillips) Du Toit — bosrooihout

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 van Wyk, W.C.E.: Rooihout. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 3, no. 2, September 1953. Plants of the World Online

Eksterne skakels

arborea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe