200px Geoffrey Chaucer
Middeleeuse Engelse digter, filosoof, alchemis, sterrekundige en diplomaat
Beduidende werke 160px The Canterbury TalesThe Book of the DuchessHouse of FameLegend of Good WomenTroilus and Criseyde
Geoffrey Chaucer ([ˈtʃɔːsər]; * omstreeks 1343; † 25 Oktober 1400 in Londen) word algemeen as die beduidendste Engelse digter van die Middeleeue en as die "vader van die Engelse literatuur" beskou. Hy is veral bekend vir sy verhale, The Canterbury Tales, een van die belangrikste werke in die Engelse letterkunde. Dit handel oor ’n groep pelgrims wat na Canterbury reis en vir mekaar stories vertel.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Terwyl hy tydens sy leeftyd wye erkenning en waardering as skrywer, filosoof, alchemis en sterrekundige geniet het (hy het vir sy tienjarige seun Lewis 'n wetenskaplike verhandeling oor die astrolabium geskryf), het hy daarnaas ook 'n suksesvolle loopbaan in die staatsdiens gevolg en hom as burokraat, howeling en diplomaat bekwaam.
Chaucer se literêre werk sluit naas The Book of the Duchess, House of Fame, Legend of Good Women enTroilus and Criseyde veral sy befaamde Canterbury Tales in. Chaucer het 'n beslissende rol in die taalkundige proses gespeel waardeur Middelengels as destydse omgangstaal sy status as literêre taal sou herwin, in 'n tyd toe die literêre lewe in Engeland nog deur Frans en Latyn oorheers is.
Hy was die eerste digter wat in die sogenaamde Poets' Corner van die Londense Westminster-abdy ter ruste gelê is.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Engelse digters Kategorie:Geboortes in 1343 Kategorie:Sterftes in 1400