Die Skild (Latyn: Scutum) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat in die 17de eeu uitgedink is.
duimnael|links|120px|Die werklike skild van Sobieski (in heraldiek). Die Skild is die enigste sterrebeeld wat na ’n nie-klassieke persoon genoem is. Dit is in 1684 uitgedink deur die Poolse sterrekundige Johannes Hevelius (Jan Heweliusz),Star Tales ― Scutum deur Ian Ridpath wat dit oorspronklik Scutum Sobiescianum (Skild van Sobieski) genoem het ter nagedagtenis van die oorwinning van die Poolse leër onder koning Jan III Sobieski in 1683 in die Slag van Wene. Later is die Latynse naam verkort na Scutum.
Ruimtevoorwerpe Vyf helder sterre van die Skild – Alpha, Beta, Delta, Epsilon en Eta Scuti, wat voorheen 1, 6, 2, 3 en 9 Aquilae in die sterrebeeld Arend was – is latere heraanwysings.
Die sterrebeeld bevat verskeie oop sterreswerms, asook ’n bolvormige sterreswerm en ’n planetêre nebula.
Verwysings
Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Scutum Star Tales – Scutum
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia