duimnael|regs|260px|Uitsig oor die Namibwoestyn van halfpad teen die pas af teen die einde van die reënseisoen in 2006.

Spreetshoogtepas is 'n bergpas deur die Rantberge op die D1275-verbindingspad deur die Namibwoestyn tussen die C14 en C24 en is noordoos van Solitaire. Skerp draaie en 'n helling van tot 1:4,5 veroorsaak dat die pad nie geskik is vir motors wat karavane sleep nie. Die pas is bekend om die besonder mooi uitsig wat dit oor die Namibwoestyn bied.

Die bergpas is genoem na Nicolaas Spreeth, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog op die plaas Ubib geboer het wat onder die pas geleë is. Spreeth het die pas tereg met sy eie hande gebou.

Galery

Sien ook Lys van bergpasse in Namibië

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Bergpasse van Namibië Kategorie:Groot Eskarp, Suider-Afrika