duimnael|links|280px|Die Abell 901/902-superswerm is net meer as twee miljard ligjare van die Aarde af. regs|280px|duimnael|’n Kaart van die superswerms en superholtes die naaste aan die Aarde.

’n Superswerm is ’n groot groep kleiner sterrestelselswerms of -groepe. Dit is van die grootste bekende strukture van die heelal. Hulle is so groot dat hulle nie deur swaartekrag verbind word nie en gevolglik deelneem aan die Hubble-uitdying. Bestaan Die bestaan van superswerms is ’n aanduiding dat die sterrestelsels in ons heelal nie egalig versprei is nie; die meeste word saamgebind in groepe en swerms wat tot duisende stelsels kan bevat, en hulle vorm op hul beurt selfs groter strukture bekend as superswerms.

Superswerms vorm weer nóg groter strukture wat filamente of "groot mure" genoem word. Laasgenoemde kan tussen ’n paar miljoen en ’n miljard ligjare groot wees en meer as 5% van die sigbare heelal beslaan.

Tussen superswerms is daar groot ruimteleemtes of superholtes waarin min sterrestelsels voorkom.

Lys van superswerms Nabygeleë superswerms

Superswerm Data Notas Lokale Superswerm z (rooiverskuiwing) = 0,000 (0 ligjare van die Aarde) Lengte = 33 Mpc (miljoen parsek) of 110 miljoen ligjare Dit bevat die Lokale Groep met ons sterrestelsel, die Melkweg, asook die Virgo-sterrestelselswerm naby sy middel; dit word soms die Virgo-superswerm genoem. Daar word geglo dit bevat meer as 47 000 sterrestelsels. Hydra-Centaurus Dit bestaan uit twee lobbe, wat elk soms ’n superswerm genoem word: Hydra-superswerm Centaurus-superswerm Perseus-Pisces Pavo-Indus Coma Vorm die grootste deel van die middel van die Groot CfA2-muur Sculptor SCl 9 Hercules SCl 160 Leo SCl 93 Ophiuchus 17h 10 m -22° cz=8500–9000 km/s (middel) 18 x 26 Mpc Dit vorm die verste muur van die Ophiuchus-superholte en kan deel wees van ’n filament saam met die Pavo-Indus-Telescopium- en die Hercules-superswerm. Shapley z=0,046 (650 miljoen ligjare ver) Die tweede superswerm wat gevind is, ná die Lokale Superswerm.

Verafgeleë superswerms

Superswerm Data Notas Pisces-Cetus Bootes SCl 138 Horologium z=0,063 (700 miljoen ligjare) Length = 550 miljoen ligjare Daar word na die hele superswerm verwys as die Horologium-Reticulum-superswerm. Corona Borealis Columba Aquarius Aquarius B Aquarius-Capricornus Aquarius-Cetus Bootes A Caelum SCl 59 Draco Draco-Ursa Major Fornax-Eridanus Grus Leo A Leo-Sextans Leo-Virgo SCl 107 Microscopium SCl 174 Pegasus-Pisces SCl 3 Pisces SCl 24 Pisces-Aries Ursa Major Virgo-Coma SCl 111

Heel verafgeleë superswerms

Superswerm Data Notas Lynx z=1,27 Ontdek in 1999 (as ClG J0848+4453, ’n naam wat nou gebruik word vir die westelike swerm, met ClG J0849+4452 as die oostelike swerm). Dit bevat minstens twee swerms, RXJ 0848.9+4452 (z=1,26) en RXJ 0848.6+4453 (z=1,27). Toe dit ontdek is, was dit die verste bekende superswerm. Nog sewe kleiner groepe sterrestelsels word met die superswerm verbind. SCL @ 1338+27 by z=1,1z=1,1

Lengte = 70 Mpc Die grootte van die kompleks swerms kan die aanduiding van ’n filament wees. Die grootte stem amper ooreen met dié van die Groot CfA2-muur. Toe dit ontdek is, was dit die grootste en verste superswerm benede z=0,5 SCL @ 1604+43 at z=0,9 z=0,91 Toe dit in 2000 ontdek is, was dit die grootste superswerm so diep in die ruimte. Dit bestaan uit twee bekende swerms en ’n nuut ontdekte swerm. Laasgenoemde is geleë by 16h 04 m 25.7s, +43° 14′ 44.7″ SCL @ 0018+16 by z=0,54 in SA26 z=0,54 Dit lê om die radiogalaktika 54W084C (z=0,544) en bestaan uit minstens drie groot swerms, CL 0016+16 (z=0,5455), RX J0018.3+1618 (z=0,5506) en RX J0018.8+1602. MS 0302+17z=0,42

Lengte = 6 Mpc Dit bevat minstens drie swerms, die oostelike swerm CL 0303+1706, suidelike swerm MS 0302+1659 en die noordelike swerm MS 0302+1717.Universiteit van Hawaii, "The MS0302+17 Supercluster", Nick Kaiser. URL besoek op 15 September 2009.

Diagram

Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Eksterne skakels Lokale superswerms – oorsig Die naaste superswerms