Ulsan울산광역시 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land Streek Yeongnam Koördinate Stigting 1642 Oppervlakte: - Totaal 1 057,136 vk km Hoogte bo seevlak 1 m Bevolking: - Totaal (2015) 1 199 717 - Bevolkingsdigtheid 1 000/vk km Tydsone UTC +9 (KST) Burgemeester Song Cheol-ho Amptelike webwerf ulsan.go.kr
duimnael|links|Ulsan se stadshorison met die Taehwa-rivier in die voorgrond Ulsan (Koreaans: 울산, [uɭ.s͈an]), amptelik die Metropolitaanse Stad Ulsan (울산광역시), is die agtste grootste stad na die hoofstad Seoel, Busan, Incheon, Daegu, Daejeon, Gwangju en Suwon in die suidweste van Suid-Korea en is in die suidweste van die Koreaanse Skiereiland geleë. Die stad het 'n bevolking van 1 199 717 in 2015 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 057,136 km². Dit grens in die suide aan Busan en in die noorde aan Gyeongju. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.
Nywerhede duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Ulsan duimnael|links|Ingang na die Ulsan Sentrale mark Ulsan is die nywerheidsreus van Suid-Korea, wat die hart vorm van Ulsan se industriële distrik. Dit is die tuiste van die wêreld se grootste motorvervaardigingsaanleg wat deur die Hyundai Motormaatskappy bedryf word, 연합뉴스 : 바른언론 빠른뉴스. Yonhapnews.co.kr (16 Oktober 2009). Besoek op 12 Julie 2013. die wêreld se grootste skeepswerf wat deur Hyundai Heavy Industries bedryf word, 천혜 절경 바닷가가 세계 최대 조선소로 변모 - 오마이뉴스. Ohmynews.com (18 Januarie 2013). Besoek op 12 Julie 2013. en die wêreld se tweede grootste olieraffinadery, wat deur SK Energy besit word. http://pda.ulsan.go.kr/Common/Detail.neo?id=U0010711
Ulsan is aan die See van Japan geleë en beskik oor Suid-Korea se tweede belangrikste hawe ná die van Busan. In 2012 het Ulsan 'n BBP per capita van $79 623 gehad, die hoogste van enige streek in Suid-Korea.
Administratiewe afdelings Ulsan word in vier administratiewe distrikte (gu) en een county verdeel: Buk Distrik (북구; 北區) Dong Distrik (동구; 東區) Jung Distrik (중구; 中區) Nam Distrik (남구; 南區) Ulju County (울주군; 蔚州郡)
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Suid-Korea