duimnael|Die onreëlmatige sterrestelsel Sextans A is lid van die Plaaslike Groep en is 4,3 miljoen ligjare van die Aarde af. Die helder Melkweg-sterre op die voorgrond lyk hier geel. Agter hulle lê die sterre van Sextans A met jong, blou sterreswerms duidelik sigbaar.

Die Plaaslike Groep is die groep sterrestelsels wat ons Melkweg insluit. Dit bestaan uit meer as 50 stelsels (insluitende dwergsterrestelsels) en sy swaartekragmiddelpunt lê iewers tussen die Melkweg en die Andromeda-sterrestelsel. Die sterrestelsels van die Plaaslike Groep het ’n deursnee van 10 miljoen ligjare en ’n geraamde massa van 1,29±0,14 sonmassas (M☉). Die groep is deel van die Plaaslike Superswerm, ook genoem die Virgo-superswerm.

Die grootste twee lede van die groep is die Melkweg en die Andromeda-sterrestelsel, albei spiraalvormige stelsels met ’n eie stelsel satellietgalaktikas. Die Melkweg se satellietstelsel bestaan uit die Sagittarius-dwergsterrestelsel, Groot en die Klein Magellaanse Wolk, Canis Major-, Ursa Minor-, Draco-, Carina-, Sextans-, Sculptor-, Fornax-, Leo I-, Leo II-, Ursa Major I- en Ursa Major II-dwergsterrestelsel. Andromeda se satellietstelsel bevat M32, M110, NGC 147, NGC 185 en Andromeda I tot Andromeda XX. Die Triangulum-sterrestelsel, die derde grootste een in die Plaaslike Groep, is dalk deel van die Andromeda-stelsel of dalk nie. Pisces-dwerg is ewe ver van Andromeda en Triangulum en kan ’n satelliet van enigeen van die twee wees. Dit is onseker waartoe NGC 3109, asook sy metgeselle Sextans A en die Antlia-dwerg behoort, weens hul groot afstand van die middel van die Plaaslike Groep af. Die ander lede van die groep is wat swaartekrag betref afgesonder van hierdie groot subgroepe: IC 10, IC 1613, Phoenix-dwerg, Leo A, Tucana-dwerg, Cetus-dwerg, Pegasus-dwerg, Wolf-Lundmark-Melotte, Aquarius-dwerg en Sagittarius-dwerg.

Geskiedenis Die term "Plaaslike Groep" is die eerste keer deur Edwin Hubble gebruik in hoofstuk VI van sy boek The Realm of the Nebulae.Hubble 1936, ble. 124–151 Hy het aanvanklik 12 lede van die groep genoem, maar teen 2003 het dit tot 36 toegeneem nadat feitlik twee dosyn sterrestelsels met ’n lae ligsterkte ontdek is.

Sterrestelsels Kaart

Verskillende stelsels Spiraalvormige sterrestelsels Naam Soort Sterrebeeld Notas Andromeda (M31, NGC 224) SA(s)b Andromeda Grootste lid van die groep. Het dalk ’n kleiner massa as die Melkweg. Melkweg SBbc Tweede grootste, maar het dalk grootste massa. Triangulum (M33, NGC 598) SA(s)cd Driehoek Derde grootste, moontlik satelliet van Andromeda. Ovaalvormige sterrestelsels Naam Soort Sterrebeeld Notas M110 (NGC 205) E6p Andromeda Satelliet van Andromeda M32 (NGC 221) E2 Andromeda Satelliet van Andromeda Onreëlmatige sterrestelsels Naam Soort Sterrebeeld Notas Wolf-Lundmark-Melotte (WLM, DDO 221) Ir+ Walvis IC 10 KBm of Ir+ Cassiopeia Klein Magellaanse Wolk (SMC, NGC 292) SB(s)m pec Toekan Satelliet van Melkweg Canis Major-dwerg Irr Groot Hond Satelliet van Melkweg Pisces-dwerg (LGS3) Irr Visse Satelliet van Triangulum? IC 1613 (UGC 668) IAB(s)m V Walvis Phoenix-dwerg Irr Feniks Groot Magellaanse Wolk (LMC) Irr/SB(s)m Swaardvis Vierde grootste lid van die groep, satelliet van Melkweg Leo A (Leo III) IBm V Leeu Sextans B (UGC 5373) Ir+IV-V Sekstant NGC 3109 Ir+IV-V Noordelike Waterslang Sextans A (UGCA 205) Ir+V Sekstant Ovaalvormige dwergsterrestelsels Naam Soort Sterrebeeld Notas NGC 147 (DDO 3) dE5 pec Cassiopeia Satelliet van Andromeda Sagittarius-dwerg IB(s)m V Boogskutter NGC 6822 (Barnard se Sterrestelsel) IB(s)m IV-V Boogskutter Pegasus-dwerg (DDO 216) Irr Vlieënde Perd Sferoïdale dwergsterrestelsels Naam Soort Sterrebeeld Notas Boötes I-dwerg dSph Veewagter Cetus-dwerg dSph/E4 Walvis Canes Venatici I en II dSph Jaghonde Andromeda III dE2 Andromeda Satelliet van Andromeda NGC 185 dE3 pec Cassiopeia Satelliet van Andromeda Andromeda I dE3 pec Andromeda Satelliet van Andromeda Sculptor-dwerg (E351-G30) dE3 Beeldhouer Satelliet van Melkweg Andromeda V dSph Andromeda Satelliet van Andromeda Andromeda II dE0 Andromeda Satelliet van Andromeda Fornax-dwerg (E356-G04) dSph/E2 Oond Satelliet van Melkweg Carina-dwerg (E206-G220) dE3 Kiel Satelliet van Melkweg Antlia-dwerg dE3 Lugpomp Leo I-dwerg (DDO 74) dE3 Leeu Satelliet van Melkweg Sextans-dwerg dE3 Sekstant Satelliet van Melkweg Leo II-dwerg (Leo B) dE0 pec Leeu Satelliet van Melkweg Ursa Minor-dwerg dE4 Klein Beer Satelliet van Melkweg Draco-dwerg (DDO 208) dE0 pec Draak Satelliet van Melkweg Sagittarius-dwerg dSph/E7 Boogskutter Satelliet van Melkweg Tucana-dwerg dE5 Toekan Cassiopeia-dwerg (Andromeda VII) dSph Cassiopeia Satelliet van Andromeda Pegasus-dwerg (Andromeda VI) dSph Vlieënde Perd Satelliet van Andromeda Ursa Major I- en Ursa Major II-dwerg dSph Groot Beer Satelliet van Melkweg Identifikasie onseker Naam Soort Sterrebeeld Notas Virgo-sterrestroom dSph (oorblyfsel)? Maagd Besig om met die Melkweg saam te smelt Willman 1 Dwergsterrestelsel of sterreswerm? Groot Beer 147 000 ligjare ver Andromeda IV Irr? Andromeda Waarskynlik nie ’n sterrestelsel nie UGCA 86 (0355+66) Irr, dE of S0 Kameelperd UGCA 92 (EGB0427+63) Irr of S0 Kameelperd Moontlike nie-lede Naam Soort Sterrebeeld Notas GR 8 (DDO 155) Im V Maagd IC 5152 IAB(s)m IV Indiër NGC 55 SB(s)m Beeldhouer Aquarius-dwerg (DDO 210) Im V Waterdraer NGC 404 E0 of SA(s)0- Andromeda NGC 1569 Irp+ III-IV Kameelperd NGC 1560 (IC 2062) Sd Kameelperd Camelopardalis A Irr Kameelperd Argo-dwerg Irr Kiel ESO 347-8 (2318–42) Irr Kraanvoël UKS 2323-326 Irr Beeldhouer UGC 9128 (DDO 187) Irp+ Veewagter Sextans C Voorwerpe in die Plaaslike Groep wat nie meer as sterrestelsels beskou word nie Naam Soort Sterrebeeld Notas Palomar 12 (Capricornus-dwerg) Steenbok ’n Sterreswerm voorheen ingedeel as ’n dwergsterrestelsel Palomar 4 (oorspronklik Ursa Major-dwerg) Groot Beer ’n Sterreswerm voorheen ingedeel as ’n dwergsterrestelsel

Ander merkwaardige voorwerpe Smith se Wolk, ’n hoësnelheidswolk tussen 32 000 en 49 000 ligjare van die Aarde HVC 127-41-330, ’n hoësnelheidswolk 2,3 miljoen ligjare van die Aarde Monoceros-ring, ’n ring van sterre om die Melkweg wat moontlik uit ’n sterrestroom bestaan wat van die Canis Major-dwergsterrestelsel weggeskeur is

Diagram

Verwysings

Eksterne skakels Die Plaaslike Groep

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia</small>