Hande vashou toon fisieke intimiteit tussen twee of meer mense. Dit kan romanties van aard wees of nie.
'n Paartjie hou hande vas|duimnael|regs duimnael|regs|George W. Bush en Koning Abdullah van Saoedi Arabië se hande vashou het die VSA ontstig.
Of vriende hande vashou hang van kultuur en geslag af: In die Westerse kultuur word dit hoofsaaklik beoefen deur vroue en kinders (soms om beheer uit te oefen), egpare en romantiese paartjies. In Arabiese lande, Afrika en sekere dele van Suid-Asië hou ook mans en/of seuns as teken van vriendskap en/of respek hande vas. Dit is 'n redelik algemene gesig in die Weste vir tienermeisies om vriendskaplik hande vas te hou, maar nie soseer onder tienerseuns nie.
Hierdie gebruik onder mans kan ongemak onder gemeenskappe veroorsaak wat nie daaraan gewoond is nie, soos onder die Amerikaners toe oudpresident George Bush en die destydse kroonprins Abdullah van Saoedi-Arabië in die openbaar hande vasgehou het.
Mense hou hande vas of neem 'n ander se hand in syne/hare om die volgende redes: in verskeie rituele handdruk tydens sekere godsdiensgebruike, om te bid tydens verskeie godsdienstige rituele 150px|Vriendskap of liefde?|duimnael|regs om vriendskap of liefde uit te druk om fisieke intimiteit te geniet (nie noodwendig eroties van aard nie) om emosionele steun leiding ('n kind, blinde, in donkerte, ens.) aandrang om te volg om bymekaar te hou (binne 'n skare of in duisternis) om ander te help om te loop, staan of op te klim om samehorigheid te toon om te dans om jou balans te hou om arm te druk vir veiligheid wanneer die straat oorgesteek word tydens valskermspring in reddingspogings, om iemand na veiligheid te trek om 'n hand se vorm of grootte met 'n ander s'n te vergelyk
Kategorie:Kommunikasie Kategorie:Menslike gedrag Kategorie:Sosiologie