Die Horlosie (Latyn: Horologium) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is in die 18de eeu deur Nicolas-Louis de Lacaille geskep. Hy het dit oorspronklik Horologium Oscillitorium genoem na die slingeruurwerk, ter ere van die ontwerper daarvan, Christiaan Huygens. Die naam is sedertdien verkort.

Ruimtevoorwerpe Een van die voorwerpe in die sterrebeeld wat van belang vir sterrekykers is, is R Horologii, ’n Mira-veranderlike met een van die grootste bekende reikwydtes. Die sterreswerm AM1 word ook hier aangetref; dit is die verste bekende sterreswerm in die Melkweg (398 000 ligjare).

Die Horlosie-superswerm is ’n massiewe superswerm van sterrestelsels wat sowat 550 miljoen ligjare breed is en ’n massa van 1017 sonmassas het. Dit lê in die sterrebeelde Horlosie en Eridanus, met die naaste punt 700 miljoen ligjare en die verste punt 1,2 miljard ligjare van die Aarde af. Dit bestaan uit ’n paar honderdduisend sterrestelsels.

Verwysings Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. . Princeton University Press, Princeton. .

Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Horologium The clickable Horologium Star Tales – Horologium

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia