Die Haas (Latyn: Lepus) is ’n sterrebeeld wat suid van die hemelewenaar lê, net suid van die Jagter. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit word soms uitgebeeld as ’n haas wat deur die Jagter of sy jaghonde gejag word."Skys & Telescope: March 2008", Southern Hemisphere Highlights: deur Shermend
Ruimtevoorwerpe Vier sterre van die sterrebeeld (α, β, γ en δ Lep) vorm ’n vierhoek en is in Arabies bekend as ‘Arsh al-Jawzā', "die troon van Jawzā'" of al-Nihāl, "die kamele wat hul dors les".
R Leporis en T Leporis is Mira- veranderlike sterre.Unique Details of Double Star in Orion Nebula and Star T Leporis Captured by 'Virtual' Telescope. ScienceDaily. URL besoek op 19 Februarie 2009, Daar is een Messier-voorwerp in die Haas, Messier 79. Dit is ’n dowwe sterreswerm met ’n helderheid van sowat 8 mag.
Verwysings
Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. . Princeton University Press, Princeton. .
Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Lepus Star Tales – Lepus
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia