Die Umzimkulurivier is 'n rivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika wat ontspring in die Drakensberge naby die Lesothogrens. Die rivier vloei suid-oos verby Underberg en mond uit in die Indiese Oseaan by Port Shepstone. Raper, P.E. Dictionary of Southern African Place Names, Besoek op 30 Junie 2012
Die Umzimkulu was voorheen 'n deel van die grens tussen die Oos-Kaap en KwaZulu-Natalprovinsies, maar sedert sekere areas (eksklawes) se provinsiale grense verskuif is, is dit nie meer die geval nie.
Verwysings
Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal