Podocarpaceae is die geelhout-familie wat hoort tot die orde Pinales. Daar is 150 spesies wat wêreldwyd tot die familie hoort waarvan vier plaaslik voorkom en al vier is bome.

Kenmerke Die familie is groot immergroen woudbome. Hierdie familie dra nie blomme nie maar produseer baie primitiewe en gereduseerde keëls. Die manlike bome se keëls is katjiesagtig. Die vroulike bome se saadkoppe - wat later tot saad ontwikkel - kom alleen of in pare voor sodat een of twee sade geproduseer word. Die blare van die bome is smal met parallelle are en die rande is glad. Die vrugte is ronderig en word deur voëls en vlermuise verspei.

Genera Daar is twintig genera wat tot die familie hoort:

Acmopyle Pilg. Afrocarpus (Buchholz & N.E.Gray) C.N.Page Dacrycarpus (Endl.) de Laub. Dacrydium Sol. ex G.Forst. Falcatifolium de Laub. Halocarpus C.J.Quinn Lagarostrobos Quinn Lepidothamnus Phil. Manoao Molloy Microcachrys Hook.f. Nageia Gaertn. Parasitaxus de Laub. Pectinopitys C.N.Page Pherosphaera W.Archer bis Phyllocladus Rich. ex Mirb. Podocarpus L'Hér. ex Pers. Prumnopitys Phil. Retrophyllum C.N.Page Saxegothaea Lindl. Sundacarpus (J.Buchholz & N.E.Gray) C.N.Page

Spesies Suid-Afrikaanse spesies is: Breëriviergeelhout (Podocarpus elongatus) Henkel-se-geelhout (Podocarpus henkelii) Opregte Geelhout (Podocarpus latifolius) Outeniekwageelhout (Afrocarpus falcatus)

'n Nie-Suid-Afrikaanse spesie:

Oos-Afrikaanse geelhout (Afrocarpus gracilior)

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies