Die Modjadjibroodboom (Encephalartos transvenosus) is 'n broodboom wat op die berghellings bo die hoofkraal van die reënkoningin Modjadji, noordoos van Duiwelskloof, en op die Soutpansberg in Limpopo, voorkom. Die boom kan tot 13 m hoog word en is een van die grootstes ter wêreld en ook die bekendste in Suider-Afrika.

Die broodboom word goed beskerm deur die generasies reënkoninginne wat bygedra het tot die broodboomwoud. Die boom se FSA-nommer is 13.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

duimnael|links|300px|'n Modjadjibroodboom groei in die Manie van der Schijff Botaniese Tuin, Pretoria duimnael|links|300px|'n Stand Modjadjibroodbome onder beskerming in die Modjadji Hoofkraal, ongeveer 45km noordoos van Tzaneen in Limpopo

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika