Die Oos-Kaapse reusebroodboom (Encephalartos altensteinii) is endemies aan Suid-Afrika en kom hoofsaaklik langs die kus vanaf Gqeberha ooswaarts tot aan die Wildekus voor. Dit kan ook moontlik in KwaZulu-Natal aangetref word.

Dit is een van die grootste broodbome en kan tot 4 m hoog en die blare tot 3,5 m lank word. Die sade is rooi, ovaalvormig en ongeveer 2,3 cm lank. Dit word deur die IUBN as 'n kwesbare spesie geklassifiseer. Die boom lyk baie soos die reusebroodboom.

Die boom se FSA-nommer is 3https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the Worls Online REDLIST Sanbi

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika