Die grasveldboomvaring (Alsophila dregei) is 'n boomvaring in die genus Alsophila, een van slegs twee spesies in Suid-Afrika. Die boom word 3 tot 5 m hoog en die blare 2 tot 3 m lank. Die plant groei op die rande van immergroen woude en kom voor vanaf Knysna ooswaarts deur KwaZulu-Natal, Mpumalanga tot in Limpopo. Die blaartjies se rande is nie fyn getand nie en geen aflebieë is aanwesig nie. Daar is verskeie sori met wollerige hare op elke blaartjielob.
Die boom se FSA-nommer is 1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Die plant het drie subspesies:https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:17532740-1 Alsophila dregei var. dregei Alsophila dregei var. polyphlebia (Baker) Benl Alsophila dregei var. segregata (Baker) Benl
Galery
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll. 2013.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Alsophila Kategorie:Flora van Suid-Afrika